07:00 - 08:00

Binnekamer

Met Lizelle de Bruin

Nou op die lug: 08:00 - 09:00

Loof die Here

Met Magdaleen Krüger

Magdaleen Krüger

Volgende: 09:00 - 09:40

Oggenddiens

09:40 - 10:00

Musiek op RSG

Met Eloise Cupido

Tuis | Aanbieders | Nicolene Louw
Nicolene Dewee web

Nicolene Louw

Nicolene is die uitvoerende regisseur van RSG se nuus- en aktualiteitsprogramme, Monitor, Spektrum, Brandpunt, Kommentaar en Naweekaktueel. Dis die eerste keer dat ‘n vrou dié pos beklee. Nicolene het in die Kaap grootgeword, maar het diep wortels in Namakwaland in die Noord-Kaap. Sy het haar Nasionale Diploma in Joernalistiek en B.Tech-graad in joernalistiek aan die destydse Skiereilandse Technikon in Bellville verwerf, en beskik oor ‘n meestersgraad in joernalistiek van Stellenbosch Universiteit se Department Joernalistiek. Nicolene het 28 jaar gelede haar loopbaan by Media 24 in Kaapstad begin, en het sedertdien haar merk gemaak in die uitsaaiwese en gedrukte media. Sy was voorheen ook die uitvoerende regisseur van Fokus op SABC 2, en het groot lof vir haar voorgangers, Freek Robinson en Foeta Krige, wat sy as haar rolmodelle in televisie en radio beskryf. Sy hou van reis en bly fiks deur saam met haar kinders aan staptogte deel te neem.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: