15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

Nou op die lug: 16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Carla Mackenzie

Carla Mackenzie

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Kiskenades

Tuis | Aanbieders | Pieter van den Berg
Pieter van den Berg small web

Pieter van den Berg

Pieter het in 1984 by die destydse Radio Suid-Afrika begin werk tot en met 1987, maar in Augustus 2009 het die mikrofoon hom nader gewink en het hy weer by RSG aangesluit.

Sy verantwoordelikhede by RSG sluit is hoofsaaklik die van sportkommentator van rugbywedstryde, sokker en atletiek.

Pieter glo daaraan om op die positiewe dinge in die lewe te fokus en om hom voluit vir ‘n saak te beywer. As entrepreneur hou hy altyd sy oor op die grond en haat dit as mense verkul word.

Die groot vreugdes in Pieter se lewe is sy kinders en sy vrou. Hy is ook baie lief om ‘n ronde gholf te speel en saam met ‘n paar pelle te kuier. Reis en vakansie is eerste op sy wenslys en as RSG hom nie te besig hou nie, tree hy graag op as seremoniemeester of aankondiger by sportgeleenthede.

Vir enige organisasie wat godsdienstig van aard is, haal Pieter graag ‘n paar note uit.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: