07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Aanbieders | Shahieda Carlie
shahieda-carlie-2-large

Shahieda Carlie

Shahieda het ‘n meestersgraad in kliniese sielkunde en het haar eie privaatpraktyk in Kaapstad. Sy werk vanuit ‘n geloofsoogpunt wat Islam én Christenskap betrek. Dit is haar sielsberoep en sy glo dat God haar gesit het presies waar sy nou is. Vir haar is die belangrikste om “seer harte gesond te maak… met God se krag”

Shahieda werk van 1982 af in die media (radio en televisie). Sy het vir Radio Goeie Hoop omroeperswerk gedoen. Toe televisieaanbieding en nuuslees op SABC2. So op ‘n natuurlike manier het sy in RSG in gegroei. “Dit is vir my ‘n voorreg en ‘n eer om met RSG se luisteraars te gesels. Dit is vir my ‘n goue geleentheid om mense nader aan mekaar te bring.

“My lewensfilosofie is dat ons ‘n verantwoordelikheid het om ons harte sag te maak en daarmee na ander uit te reik. Liefde, genade en mooipraat is vir my van die mooiste karaktertrekke wat ek graag myne maak. Ek is a MENS-mens. Ek waardeer en respekteer mense en alles wat God geskape het.

“My gunstelingkos is braaivleis en ek luister graag na smooth jazz. Ek hou baie van Peter White se kitaarspel. ‘n Film wat ek so geniet het is Pursuit of Happiness want dit stel ‘n voorbeeld dat jy van moeilike omstandighede af met harde werk na ‘n positiewe uitkoms kan werk. ‘n Boek waarvan ek baie hou is Today Matters deur John Maxwell. Die boek gaan oor hoe belangrik VANDAG is en dat ons voluit gebruik daarvan moet maak. Dis so ‘n belangrike lewensles vir my”.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: