18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Aanbieders | Terrance April
Terrance April small web

Terrance April

Terrance het in 1995 by RSG begin toe dit nog Afrikaans Stereo was. “Ek het eers diens gedoen in die Kaapse kantoor waarna ek in 2005 in Johannesburg aangesluit het.”

In sy pos as programbestuurder is hy verantwoordelik vir die bestuur van die uitsaaiproduk op die lug. Dit sluit in die verskillende genres soos drama, sport, joernaal- en musiekprogramme. Hy is ook verantwoordelik vir aanbieding en fokus hy op die uitsaai-energie van omroepers, taalkorrektheid, stemregisters, tempo van aanbieding ens.

Oor sy benadering ten opsigte van die lewe sê Terrance: “Die lewe is baie kort en ons kry almal net een kans. So, leef voluit en geniet dit wat jy doen. Vermy negatiwiteit en sien die mooi in alles raak.”
Hy glo ook ‘n mens moet jou lewe sinvol maak deur klein bydraes op die beste manier te lewer.

Terrance se passie is om ander kulture en wêrelddele te ervaar. “So verbreed ek my horisonne en maak ek kennis met ander menings,” sê hy.

Verder glo Terrance die rol wat kuns kan speel om mense te verryk word dikwels geringgeskat en hy help graag daarmee.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: