23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Aanbieders | Tharien Oosthuizen
Tharien Oosthuizen small web

Tharien Oosthuizen matrikuleer aan Hoërskool Elsburg en verwerf haar BMus graad vier jaar later.  Sy begin by die SABC in die musiekdepartement werk as ‘n musiekopsteller vir die Afrikaanse radiodiens.  Tharien was vir Afrikaans Stereo ‘n musiekopsteller wat ‘n hele aantal klassieke musiekprogramme die lig laat sien het, en was ook verantwoordelik vir onder andere die musiek van Stroomaf, aangebied deur Johan Rademan.  Tharien het verhuis na Kaapstad, waar sy by die musiekdepartement van die Universiteit van Kaapstad gewerk het.  Daarna het sy musiekonderrig by verskeie skole gegee voordat sy by ‘n produksiehuis in Johannesburg aangesluit het.

Sy sluit weer aan by RSG en het later die musiekopsteller van RSG geword.  Tharien was verantwoordelik vir die speellys van die stasie, en het verskeie klassieke musiekprogramme opgestel en aangebied.  Aan die einde van 2018 het sy haar permanente werk by die SABC bedank en ‘n pos aanvaar by Hoërskool Florida as Departementshoof: Musiek.  Sy is sy ook verantwoordelik vir die skool se dramatiese, skeppende visuele kunsafdelings, en is die kultuurhoof van die skool.

Tharien se groot passie is musiek. Sy speel viool in haar eie orkes, die Florida Gemeenskapsorkes, en saam met die Apple Green Barokorkes. Tharien is getroud met Marius, en hulle het twee dogters.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: