13:00 - 13:05

Nuus

Nou op die lug: 13:05 - 14:00

Top Treffers

Met Carla Mackenzie

Carla Mackenzie

Volgende: 14:00 - 15:00

Vastrap

Met Willem Viljoen

15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

Tuis | Aanbieders | Udo Carelse
Udo Carelse web

Udo Carelse

Toe die rooi lig vir sy heel eerste nuusbulletin aanskakel, het hy geweet die mediawêreld is hom beskore. Dít was 22 jaar gelede by die Kaapse radiostasie, KFM. Ná meer as twee dekades het Udo Carelse al verskeie rolle vervul in die mediabedryf, onder meer as nuusredakteur by die jeugradiostasie YFM en as nuus- en aktualiteitsaanbieder en redakteur by 702 en Cape Talk.

Sy passie vir sport het hom ook blootgestel aan die rol as aanbieder en regisseur van verskeie programme op e.tv en Supersport. Dit het hom ook die kans gegun om die wêreld plat te reis. Daar is talle Olimpiese Spele en wêreldbekers waarmee hy op sy CV kan spog.

Ná 15 jaar weg van die SAUK, is hy weer terug op die kassie en radio as rugby-, krieket- en atletiekomroeper by SABC Sport. Hy is die aanbieder van The Weekend View op SAFM, en die nuwe mede-aanbieder van die nuus- en aktualiteitsprogram, Monitor op RSG.

Hy is ‘n trotse seun van die Wes-Kaapse dorpie, Atlantis, en ongeag sy omstandighede bly sy  leuse: Dum Spiro Spero. (Terwyl ek asem haal, bly ek hoopvol)

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: