05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Udo Carelse

Volgende: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Tuis | Aanbieders | Veronique van Heyningen
Veronique van Heyningen small web

Veronique van Heyningen

Veronique is ‘n regisseur, kopieskrywer, vertaler, nuusleser, aanbieder, samesteller van musiekprogramme en ‘n vryskut-stemkunstenaar in Johannesburg. Haar loopbaan het in 2005 by die SAUK se radio-verkoopsafdeling in Auckland Park begin. Sy het ook vir die SAUK in Seepunt gewerk en later as vryskut vir gemeenskapsradiostasies en vertaalwerk gedoen.

In 2013 het sy by RSG aangesluit as vryskutregisseur van Loslip met Ian Wessels. Twee jaar later was sy die regisseur van Middag op RSG saam met Ettienne Ludick en Sue Pyler. Sedert 2019 is sy die regisseur van alhoebekker en neem ook die leisels oor van Musieksondergrense, RSG se wêreldmusiekprogram. In 2022 neem sy ook oor as aanbieder en regisseur van RSG se regsprogram, Regsake.

Veronique het ‘n groot liefde vir skryf en het ‘n redigeringskursus aan die Universiteit van Kaapstad voltooi. Sy het ook by UK ‘n kwalifikasie in Bemarking deur Sosiale Media ontvang. Daarby verwerf sy deur die Universiteit van Stellenbosch ‘n kwalifikasie in gevorderde kleinskaalse wynmaak, en is tans besig met haar diploma in Wynkunde aan die Kaapse Wynakademie.

Veronique is getroud met Johann Pieterse wat ook by die SAUK betrokke is, en hulle het ‘n seuntjie, Pascal. Veronique se oorlede Pa, Francois van Heyningen was ook ‘n radio-omroeper by die destydse Springbokradio. Haar broer, Charl van Heyningen, bied Dis opera op RSG aan. Sy is in 2016 vir ‘n ATKV-mediaveertjie benoem in die kategorie ‘Beste Joernaalprogram’. In 2019 is sy weer benoem, en wen toe die Veertjie in dieselfde kategorie.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: