12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Aanbieders | Willem Viljoen
willem-viljoen-2-large

Willem Viljoen

Willem Viljoen is die aanbieder van RSG se gewilde boeremusiekprogram VASTRAP.

As seun van die bekende musikant, Ollie Viljoen, is hy van geboorte af blootgestel aan hierdie wonderlike eiesoortige musiek.

“Boeremusiek is hartmusiek,” sê Willem. “Ritmies word dit op die maat van oorerwing oorgedra van geslag tot geslag. Dit is inheems en word gereken as een van ons land se oudste musiekvorms. Boeremusiek en sy musikante het ‘n kleurryke verlede en ‘n rooskleurige toekoms. Die wortels lê diep en daar is ‘n magdom nuwegenerasie musikante.”

“VASTRAP se doel is opvoedkundige interessante luistergenot, maar in ‘n geldgedrewe lewe wil ek ook deur nasionale blootstelling, Boeremusiek kommersiëel aantreklik hou, om dit sodoende vir ons volgende geslag as erfenis te bewaar.”

“Ek is n trotse Boeremusiekliefhebber, en dit is n reuse voorreg om deel te wees van hierdie jarelange tradisie op RSG.”

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: