7500

7500

‘n Rolprent wat my later skoon van my rusbank afgehad het van paniek, is Joseph Gordon-Levitt se 7500. Hy is ‘n vlieënier, en die hele fliek speel in ‘n stuurkajuit af. Dit klink vreemd om vir 85 minute saam met die vlieënier vasgegrendel te wees en ‘n krisis te oorkom. Gordon-Levitt is uitstekend as die vlieënier, en die draaiboek is slim.

Die film haal natuurlik allerhande kulkunsies uit om jou aandag te hou, en sommige is bietjie vergesog, maar 7500 (die term wat vlieëniers gebruik wanneer daar doodsgevaar op ‘n vliegtuig is) sal jou meer as net oliekolonie laat sweet.