A Fortunate Man (Reeks)

A Fortunate Man (Reeks)

A FORTUNATE MAN is vir kunsliefhebbers wat kla dat daar deesdae te min aandag aan hulle gegee word. Dit gaan oor ‘n verwaande jong ingenieur wat Denemarke in die 19e eeu wou intrek. Hy wou dele van die stad aan mekaar verbind deur ‘n netwerk van kanale en windmeulens. Maar sy arrogansie, sy botsing met sy godsdienstige pa en sy selfsug teenoor sy verloofde, kniehalter hom. Die film waarsku: moet nooit te seker van jouself wees nie en dink: as jy geniaal is, kan jy enigiets doen. Jy moet steeds die politieke speletjie speel en jou aan gesag onderwerp. A FORTUNATE MAN (Lykke-Per) is in Deens met byskrifte.