A PERFECT PLANET (Reeks)

A PERFECT PLANET (Reeks)

Die beroemde natuurkundige, sir David Attenborough wat byna 94 jaar oud is,  neem jou in A PERFECT PLANET na die raarste plekke op aarde. Dis nie net die verstommende beelde wat jy sien wat jou bedwelm nie, dis die wyse sir David se verduidelikings wat jou in die prentjie sal plaas en wat filosofeer oor die rede hoekom hierdie planeet hoegenaamd in die heelal is.

Sy liefde vir die ooguitpeulende kreature, talle in nabyskoot en sommige nogal grieselrig, sy verduidelikings van die doel van vulkane, waarsonder daar nie landmassas sou gewees het nie, en sy kommentaar sal jou brein laat brand. Maar dis die vulkaan-flaminke en hulle aartsvyande, die vulkaanooievare, wat jou mond sal laat oophang. Sorg dat jy ten alle koste die BBC-reeks A PERFECT PLANET. Dit is ‘n weergalose ervaring.