Aftershock: Everest and the Nepal Earthquake (Reeks / Netflix)

Aftershock: Everest and the Nepal Earthquake (Reeks / Netflix)

In 2015 het ‘n verwoestende aardbewing Nepal en Berg Everest getref. AFTERSHOCK: EVEREST AND THE NEPAL EARTHQUAKE bevat werklike beeldmateriaal van die aardbewging wat deur die oorlewendes geneem is. Dit gaan veral om oorlewing en dapperheid. Die bergklimmers is in elk geval bekend vir hulle waagmoed. Maar om ‘n aardbewging, wat Kathmandu feitlik in puin gelê het, te verfilm én te oorleef, is ongelooflik.

AFTERSHOCK: EVEREST AND THE NEPAL EARTQUAKE is by tye verbysterend, want jy kyk nie na spesiale effekte nie. Jy sien werklike beeldmateriaal van hoe geboue ineenstort of ‘n sneeustorting op ‘n kamera afsnel, en almal tydelik lewend begrawe. Dis ’n boeiende dokumentêr in drie episodes met onderhoude en ongelooflik ontstellende tonele.