Along for the Ride

Along for the Ride

ALONG FOR THE RIDE op Netflix is ‘n treurigheid op note. Twee jonges, wat elk aan slapeloosheid ly, ontmoet en raak verlief. Maar sal jy dwarsdeur die rolprent wakkerbly om te sien wat gebeur? Dis mistroostig vervelig en eentonig, en dit voel ‘n ewigheid voor iets sinvol gebeur.