Ambulance

Ambulance

AMBULANCE lyk op die oog af na ontploffende aksievermaak. O ja, dit val beslis in die ontploffingskategorie, maar dis waar die pret eindig. ‘n Bankrower beland in ‘n ambulans waar hy die drywer as gyselaar aanhou. Agterin is ‘n polisieman wat geskiet is, en ‘n paramedikus probeer sy lewe red. Langs die bankrower-protagonis (Jake Gyllenhaal) se voete lê miljoene dollar. Hy gebruik dan die ambulans om weg te kom, maar die polisieman mag nie sterf nie.

Meer vergesog kan dit nie. Maar sodra jy hoor dis ‘n Michael Bay rolprent… hy het ook onder andere die TRANSFORMERS-reeks gemaak, weet jy: gooi jou logika in ‘n slaggat en geniet die tuimelrit. Dis verby vergesog en by tye belaglik oordrewe. Ek kan dit nie aanbeveel nie. Dis ‘n aksierolprent wat alle perke baie ver oorskry. En dis só hard, jy raak doof.