Anatomy of a Scandal (Reeks)

Anatomy of a Scandal (Reeks)

ANATOMY OF A SCANDAL sal jou asem wegslaan omdat die storie net so ingewikkeld en verstommend is soos een van Agatha Christie. Met dié reeks op Netflix begewe ons ons in die Britse parlement. ‘n Bevoorregte minister se skelmpie kom op die lappe, maar dan maak die saak ‘n lelike draai. Sy vrou moet besluit: staan sy by hom of skei sy van hom?

Dis is nie so eenvoudig soos dit klink nie. Die storie raak  meer verwikkeld en knoop in alle rigtings, en die kinkels laat die kabel later bars. Jy vraatkyk want jy kan letterlik nie wag nie. Die volgende episode is ook altyd net so, of méér opwindend as die huidige. As ek nou vir jou ‘n uithaler-reeks kan aanbeveel is dit ANATOMY OF A SCANDAL.