Archive 81 (Reeks)

Archive 81 (Reeks)

Waarmee draaiboekskrywers nie vorendag sal kom om jou nekvel te laat kriewel nie. Eers word ons gekonfronteer met die ellendige SCREAM 5 in teaters, en dan kom hierdie reeks wat jou nekhare kielie. Nie noodwendig altyd oor wat gebeur nie, maar oor die plek waar dit afspeel. ‘n Argivaris wat ou kassette wat uitmekaarval van ouderdom, restoureer, word gehuur om verbrande kassette te restoureer sodat ons kan sien of daar leidrade is oor hoe die brand ontstaan het.

Die man wat die films skoonmaak in ARCHIVE 81 op Netflix kom natuurlik op rare beelde en gebeure af, en hier teen episode 3 kies jy een van twee paaie. Jy staar gefassineer wat hy opdiep en loer onder jou bed voor jy gaan slaap, of jy gooi tou op. Dis ‘n moeilike, intense reeks waarin gruwelike dinge gebeur. En die plek waar die man sy films skoonmaak is meer grillerig as ‘n spookhuis. Het jy genoeg moed om te kyk? Dit het begin as 8/10, maar trek nou by 6/10 omdat dieselfde tegnieke te dikwels herhaal word. Moenie aan die verkeerde deur klop nie…