AT 5 IN THE AFTERNOON (PANJ È ASR)

AT 5 IN THE AFTERNOON is ‘n kunsfliek wat ‘n beperkte uitreiking geniet. Dis ‘n bittere moeilike fliek wat absoluut net op kunsaanhangers geris is. Dit speel in Afghanistan af na Amerika se inval. Dit wys hoe vroue bevry is toe die Taliban se mag gebreek is… maar is alles so rooskleurig soos Amerika dit voorstel? Dis baie neerdrukkend, maar realisties. Dit kry 7 uit 10.