AVOIDANCE is een van daardie reekse wat, vermoed ‘n mens, nie baie lank in enige gewildheidsleer gaan voorkom nie. Dis moeilik om vat daaraan te kry, en die eerste episode wankel-wankel soms net duskant verveling want daar gebeur nie genoeg om jou te boei nie.
‘n Doodgewone man, wat nie konflik kan hanteer nie, se vrou deel hom mee dat hulle gaan skei, en dat hy hulle seuntjie moet vertel. Maar hy slaag nie in die eerste episode daarin nie. Hy stel dit telkens uit, en dis dit.
AVOIDANCE se titel sê reeds wat ék eintlik in Afrikaans wil sê. Jy kry die boodskap.