Barbra: The Music… The Mem’ries… The Magic!

Barbra: The Music… The Mem’ries… The Magic!

As jy nie van Barbra Streisand se lang naels hou nie, (ai, daardie hoë note wat sy so kan ry en die selfversekering), sal jy liewer kaalvoet in die ryp gaan speel. Jy sal vinniger afskakel van BARBRA: THE MUSIC… THE MEM’RIES… THE MAGIC! as wat ‘n taai toffie aan jou stopsels vassit. In dié konsert sing sy haar grootste treffers.

Almal kla altyd hoe aaklig dit is om bekend en ryk te wees, maar kan ek julle verseker, koer sy soos ‘n tortelduif wat met olie-kolonie bespuit is, dis fan-flippin-tasties!! En dan trek sy los met haar bekendste musiek soos Don’t rain ons my Parade en People. Sy sing ook meer onbekende liedjies.

Ek is ‘n Streisand-verslaafde, dus is my 8 uit 10 vir hierdie rolprent dalk nie betroubaar nie. Maar as jy dol is oor haar is, is BARBRA: THE MUSIC… THE MEM’RIES… THE MAGIC! vir jou.