Beef (Reeks / Netflix)

Beef (Reeks / Netflix)

“Oppas!” As ‘n resensie eers met daardie woorde begin, plaas dit rooi vlaggies langs die naam. Die storie is een van die mees veelbesproke reekse tans op Netflix: BEEF. Almal praat daaroor, en wees gewaarsku, alhoewel dit sommiges opgewonde maak wat van aweregse vermaak hou, mag dit ander skok.

‘n Koreaanse man en Asiër-vrou beland in ‘n padwoedesituasie. Moet nooit vir iemand vinger wys nie. Dit gee aanleiding tot gebeure wat jou katswink slaan. Die bestuurders sweer wraak en doen vieslike dinge aanmekaar. Maar dan word hulle familie, gesinne en vriende betrek, en chaos vind plaas. Jy mag grinnik en skree: “Haai nee, sies!” Of verbysterd afskakel! Of uitroep: “Haai dis so koel!”

Onthou: BEEF is vir mense wat van swart humor en onortodokse stories hou. Praat saam oor BEEF, mits jy die moed het om te kyk.