BEING JULIA

Dalk wen Annette Bening vanjaar die Oscar as beste aktrise vir die gesofistikeerde BEING JULIA wat ‘n beperkte uitreiking geniet. Hier neem ‘n temperamentele diva wraak op ‘n loskop-dolla wat haar katelknapie se melkbaarde uitgetrek het. Die dialoog is vlymskerp en tref sy teiken telkens, die herskep van periode is briljant… die fliek speel in 1938 af, en ‘n mens verlustig jou in spel van Oscargehalte. BEING JULIA is vernuftig en veral vroue sal daarvan hou. Dit wys in kunsteaters en ook ander kommersiële teaters. En as Annette die Oscar wen, moet jy kan saampraat. BEING JULIA is ‘n knap kunsprent vir ‘n gesofistikeerde smaak.