Black Widow

Black Widow

Scarlett Johansson, in die rol van die gevaarlike Black Widow-strokiesheldin, was boos omdat Disney die rolprent terselfdertyd in teaters én op hulle stromingsnetwerk vrygestel het. Die duiwel het toe op alle platforms losgebars.

BLACK WIDOW gaan oor die vreeslose Natasha Romanoff wat ‘n diktator se bose lugkasteel aan flarde wil skiet. Saam met haar is haar sussie, uitstekend gespeel deur Florence Pugh ,wat die kollig loshande van Johansson steel. Hierdie twee tawwe meisies wys dat enigiets wat Vin Diesel kan doen, hulle beter kan doen, net met mooier bene. En dan probeer hulle nog familiebande ook handhaaf.

Die einde is só groot, dit verdwerg jou, daarom moet jy aan dit op die wye doek in ‘n teater sien. BLACK WIDOW neem strokiesprentaksie na ‘n nuwe dimensie. Jy behoort daardie spinnekop gevegsposisie – regterarm in die lug, sexy en wydsbeen – daarna perfek na te boots…