Blind Ambition

Blind Ambition

Die dokumentêr BLIND AMBITION vertel die verhaal van vier Zimbabwiese mans wat na Suid-Afrika gekom het om ‘n beter lewe te vind. Hulle werk soms in restaurante, en maak daar kennis met wyn. Kort voor lank besef die vier dat hulle graag fynproewers wil word, en hulle leer hoe om wyn te proe en waardeer. En toe beland hulle in Frankryk waar hulle aan ‘n wynproe-kompetisie deelneem. Dis inspirerend.

Ongelukkig word die dokkie langdradig, en verloor fokus. Daar word te min gewys  van die manne se opleiding en die kuns van wynproe, sodat ‘n mens teleurgesteld is oor die hantering van gebeure wat só uniek is. BLIND AMBITION het wonderlike kanse verspeel.