Onthou julle nog die rillers Wait Until Dark en Blind Terror? Dit het gegaan oor blinde vroue wat geterroriseer is. BLINDELINGS, ‘n nuwe Afrikaanse riller, gee ‘n nuwe invalshoek daaraan.
‘n Pianis, mooi gespeel deur Donnalee Roberts, sien net kleurflitse voor haar oë. In hierdie grootliks blinde toestand, vergesel sy haar man na ‘n afgeleë plaashuis. Daar besef sy alles is nie pluis nie, en word deur iemand geterroriseer wat speletjies met haar speel. Maar hulle onderskat haar…
BLINDELINGS het spanningsvolle oomblikke, mooi onderstreep deur musiek, dus moet mense, wat maklik bang word, daarvan bewus wees.
Wilhelm van der Walt as die eienaar van die plaas, lewer goeie spel.