BOOGEYMAN

BOOGEYMAN is omtrent so skrikwekkend soos ‘n vlos veter aan ‘n rugbystewel. Ek sien dit word juis op Vrydag die 13e uitgereik. Ek het gedag dis 1 April, gekkedag… want dis waar DIE lamlendige riller tuishoort.

‘n Seuntjie sien hoe sy pa deur ‘n monster gegryp word en in sy klerekas verorber word. Twintig jaar later teister dieselfde monster hom weer… maar is ook agter die twee meisies in sy lewe aan! Riller-fundi’s sal beswaar maak teen BOOGEYMAN. Daar is so min goeie rillers in Hollywood, dat ‘n mens met ‘n beswaarde hart toekyk hoe elke riller-cliché misbruik word. Die storie raak hopeloos deurmekaar, die skrikoomblikke is verstokte pogings tot angs en die rolprent onhandig en skraps aan vars idees. Vermy BOOGEYMAN en kyk liewer weer na The 6th Sense op DVD.