Boston Strangler (Disney+)

Boston Strangler (Disney+)

Ek weet mense onthou nog Tony Curtis se ontsenuende vertolking as die Boston Strangler in die laat jare sestig. Die nuwe, aangepaste weergawe van die Boston Strangler se terreurveldtog is in ‘n meer moderne gedaante. Daarmee word bedoel dat die tegnieke wat gebruik word, meer byderwets is.

Keira Knightley, met wie ek ‘n personderhoud gedoen het, vertel dat sy niks van die saak geweet het nie, maar toe sy die rol aangebied is as een van die vrouejoernaliste wat die storie onthul het, het sy dit aanvaar. Saam met ‘n medevrouejoernalis het hulle baanbrekerswerk in joernalistiek gedoen wat die manne nie kon regkry nie. Dit het die stroewe polisiemanne destyds genoop om opnuut navraag te doen.

Die reeks is uiters spannend, baie donker en hoofsaaklik in geel en bruin verfilm, maar nie so eksplisiet soos die destydse rolprente nie, en daar kom nuwe feite aan die lig oor die ware identiteit van die reeksmoordenaar wat nie tevore bekend was nie. Dit kan nie hier verklap kan word nie. BOSTON STRANGLER is jou tyd en energie werd. Speel self speurder en kyk of jy die moordenaar se ware identiteit kan vasstel.