BREAKIN’ ALL THE RULES

BREAKIN’ ALL THE RULES met Jamie Foxx gaan oor manne wat dink trou is perdekoop. Hulle wil jag, maar nie trou nie. Die held se verloofde raak vies en sê hom af. Uit wraak skryf hy ‘n boek oor hoe om met jou geliefde op te breek. BREAKIN’ ALL THE RULES gee jou raad oor wat om te doen as jy uit jou huidige verhouding wil ontvlug.

Dis als natuurlik in goeie gees en die fliek ontgin nooit sy tema verder as oppervlakkige resepvermaak nie. Dit gaan oor misplaaste identiteite, die stryd tussen mans en vroue en hoe moeilik dit is om die twee te versoen. BREAKIN’ THE RULES is ‘n aangeleerde smaak. Nie almal sal die humor snaaks vind nie. BREAKIN’ ALL THE RULES kry 5 uit 10.