BREAKING NEWS IN YUBA COUNTRY

BREAKING NEWS IN YUBA COUNTRY

Komedie is een van die moeilikste genres wat daar is, veral galgehumor. Dis soos om op rooi kole te loop en te bly lag. Maar met die geniale aktrise Allison Janney is BREAKING NEWS IN YUBA COUNTRY so snaaks, jy sal jou stram lagspiere weer kan gebruik en die hemel weet daar is min om tans oor te lag.

‘n Bleeksielvrou sit met ‘n lyk opgeskeep. Hoe om daarvan ontslae te raak! En om die gereg te omseil! Dis maar een van die temas van die ritteltitsnaakse fliek. En net Janney se onderspeelde komiese gesigsuitdrukkings sal jou jou asem laat weglag. Dit gaan ook oor gierigheid, leuens, ontrouheid en moord. BREAKING NEWS IN YUBA COUNTRY se titel klink nie aptytwekkend nie, maar glo my vry: ‘n  bleeksiel of nerd was nog nooit lomper en snaakser nie, en daar is jou wrintiewaar ‘n storie met vleis om die bene.