Candy (Reeks / Disney+)

Candy (Reeks / Disney+)

CANDY het niks met swiets te doen nie. Die hoofkarakter bevind haar gereeld in die kerk, maar dis waar Candy se brilglase toewasem. Haar skokkende optrede is op die waarheid gebaseer.

Sy het ‘n vriendin, wie se man sy verlei het, 41 houe met ‘n byl toegedien. Dit is erg genoeg, want die moordtoneel was vol DNS en ander leidrade. Maar dis die hofuitspraak, wat elke voorblad gehaal het, wat eintlik so skokkend was.

CANDY is “vermaaklik”, want die karakters is dikwels so soetsappig en onbeholpe, dat jy skaars kan glo hulle het regtig bestaan. Die verrassings wat elke episode kenmerk, sal jou tot aan die einde daarna laat kyk.