Catch-22 (tv-reeks / Showmax)

Catch-22 (tv-reeks / Showmax)

CATCH-22 is gegrond op Joseph Heller se bekende roman, wat in 1962 as ‘n film uitgereik is. Die naam beteken natuurlik dat jy tussen twee gruwelike keuses te staan kom. Dit maak nie saak watter een jy kies nie, jy is gedoem. In hierdie reeks moet ‘n vlieënier in die Tweede Wêreldoorlog daagliks tussen vyandelike bomme deurwoerts en lewend anderkant probeer uitkom. Hy poog om uit die oorlog te kom, maar dis waar die titel inkom. Hy moet die beste van twee euwels kies.

Die humor is gitswarter as jou bui toe jy agterkom jy mag nog nie jou hare in Vlak 3 sny nie. Dis kwistig, satiries, die humor is gitswart en kwetsend, en CATCH-22 is ‘n aangeleerde smaak. Baie mense slurp die satiriese humor soos Slush Puppy op en vee nie eers hulle mond af nie. Ander hensop sommer by episode 1. Maar as jy die roman geniet het, die reeks is te lank en ek sou aanraai dat jy liewer na die film kyk, maar vir die oningeligtes wat nog nie met Heller kennis gemaak het nie, is CATCH-22 prima kykstof.