CHILL OUT (DESCONGÉLATE)

CHILL OUT! is ‘n astrante, geniepsige komedie uit Spanje met Engelse byskrifte. ‘n Werklose akteur kry ‘n rol in ‘n groot fliek. Die regisseur sterf voor hy die kontrak kan teken. Hy sit met die lyk! Hoe hak hy die kontrak deur sonder die arme man se handtekening? CHILL OUT! Is een van daai driftige, impulsiewe komedies soos net die Spanjaarde dit kan maak. Dis soms snaaks, maar oor die algemeen word die situasie oordryf en is dit nie HEELTEMAL so snaaks soos die regisseur dink nie. CHILL OUT! begin net in Kaapstad en kry 5 uit 10.