Citadel (Reeks / Amazon Prime)

Citadel (Reeks / Amazon Prime)

Kyk. Wanneer Amerikaanse televisie voorspelbare resepte volg, is blare aan ‘n akkerboom verf, interessanter. Maar wanneer hulle al die silinders ooptrek, bars daar ‘n woema los wat jou uit jou gemaksone ruk. Dis soos om oefeninge met ‘n springtou te doen, en met elke sekonde vinniger en vinniger te spring.

CITADEL is nie net ‘n geskiet-skop-en-doodbloei nie. Hierdie is aksie met breinselle. Blitsvinnige redigering en storiewendings kry ‘n IK hoër as jou skoonma se hoëhakskoene. Ook karakters en akteurs so fraai, jy sal jammer wees jy het hulle nie destyds vir jou matriekafskeid gevra nie. Richard Madden en Priyanka Chopra Jonas is blink, val sag op die oog, en speel die held en heldin puik. Dit gaan oor twee spioene wat in ‘n grusame treinongeluk beland, hulle geheue verloor en agt jaar later ontvoer word om ‘n nuwe saak aan te pak teen die mense wat die Citadel anti-terroristegroep wil uitwis. Word meegesleur en vergeet van alles om jou. CITADEL is die liggie op jou beurtkragvrye TV-stel!