CONFESSIONS OF A TEENAGE DRAMA QUEEN

Dis die gewone tienerkapperjolle waarby ek my dogter sou aflaai, maar self VER van sou wegbly. ‘n Verwaande New Yorkse tiener beland in ‘n plattelandse skool: of dis hoe New Yorkers New Jersey sien. Gaan sy die eerste periode oorleef voordat die blonde strepe uit haar hare verdwyn? Sal sy pouse haal sonder dat die glans van haar karmosynlippies vervaag sonder opknapping? En sal sy die dag deursit sonder om ‘n enkele breinsel te gebruik? Dis die uitdaging wat op mej. Lohan wag in CONFESSIONS OF A TEENAGE DRAMA QUEEN.

As jy onder 20 is, of jy’s ‘n tweenie en jy en jou maats het niks beter te doen vanoggend nie, hang uit by CONFESSIONS. Maar ouens, gaan kyk liewer weer na i ROBOT, maar hou verby, broer! Dit sal jou testosteroon lelik afblaas! 5 uit 10.