CONNIE AND CARLA

‘n Rare fliek is CONNIE AND CARLA. Hier vermom twee kommin sangeresse hulleself as mans wat hulle in vroueklere uitdos om die mafia vry te spring. Nou stel julle voor. Vroue wat hulleself as vroue vermom. En natuurlik raak ‘n prikkelprins, The X-Files se David Duchovny, op een van hulle verlief Dus, as jy NIE ‘n aanhanger van fopdossers is nie, mag CONNIE AND CARLA s snaaks wees soos die bedrag wat op ‘n petrolpomp verskyn as jy vandag brandstof ingegooi.

NIA VARDALOS van MY BIG FAT GREEK WEDDING-faam en TONI COLLETTE van THE JAPANESE STORY speel die twee verspotte loskop-dollas wat hul lywe vrou hou in ‘n gay klub in Los Angeles. Dis kamp en oordrewe met humor wat ‘n aangeleerde smaak is. Dus sal nie almal dit snaaks vind nie. Dink maar goed oor CONNIE AND CARLA. Dit ‘n gegil, gerondspring en gedans van begin tot einde.