Convict Conman (Reeks)

Convict Conman (Reeks)

Ná die teleurstellende ware misdaaddrama, Boetie Boer, wat nooit heeltemal die mas kon opkom nie, het Idea Candy weer ingespring en ‘n opspraakwekkende ware misdaadreeks vervaardig.

‘n Vreemde man met die doodgewone naam Dawie de Villiers het hom voorgedoen as ‘n modefotograaf, maar het eintlik skoolmeisies semi-naak afgeneem en hulle aangerand onder die voorwendsel dat hulle modelle sou word.

CONVICT CONMAN wys jou hoe slu mense kan wees, hoe hulle leuens so erg kan verdraai dat dit enige ongelowige Thomas sou oortuig, hoe hulle hulleself uit selfs die moeilikste situasie kon wurm, tot die lang arm van die gereg hulle beetkry. Soos Steinheist gaan CONVICT CONMAN meer oor glibberige skelms wat deur verskeie skuiwergate in die wet wurm, tot hulle gevang word. Maar Dawie de Villiers was nie die skurk se enige naam nie. Hy was ook Michael O‘Connor. Jy moet dit sien om te glo.

CONVICT CONMAN, ‘n ware misdaadreeks, is op Showmax.