CRIME SCENE: THE VANISHING AT THE CECIL HOTEL (Reeks)

CRIME SCENE: THE VANISHING AT THE CECIL HOTEL (Reeks)

Die waarheid krap jou brein meer deurmekaar as ‘n eierklitser. Die waarheid is vreemder as fiktiewe verhale. In 2013 het ‘n meisie, Elisa Lam, in die berugte Cecil Hotel, wat The Shining na Disneyland laat lyk, in Los Angeles tuisgegaan. Tonele op videokamera van haar in ‘n hysbak oomblikke voor sy verdwyn het, laat mense vandag nog gis, maar jy moet dit sien om te glo. Wat het daar gebeur? En toe… die gruwelike moontlikhede en teorieë.

CRIME SCENE: THE VANISHING AT THE CECIL HOTEL op Netflix het my laat ril, geskok, laat argumenteer, my kop in ongeloof laat skud, in ‘n tuimeldroër van waarskynlikhede gegooi, en verbysterd gelaat. Die verskillende teorieë is die een so bisar soos die ander. Verwag om heeltemal verstom te wees.