18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Fliekrubriek | Crisis (Netflix)

Crisis (Netflix)

8 September 2023
5/10
16
Regisseur: Nicholas Jarecki
Akteurs: Gary Oldman, Armie Hammer, Evangeline Lilly, Greg Kinnear, Michelle Rodriguez, Luke Evans, Lily-Rose Depp

Die titel waarsku sommer dat hierdie ‘n taai sit gaan wees. CRISIS het destyds tydens die Covid-pandemie uitgekom, maar feitlik niemand het dit gesien nie. Daarom net weer ‘n herinnering daaraan, met ‘n gepaardgaande waarskuwing. Jy moet stewig konsentreer en al jou breinselle in een kraal jaag om uit te maak wat aangaan.

CRISIS gaan oor ‘n pynpille-skandaal, maar loop ‘n ander pad as die onlangse Painkiller.

‘n Sogenaamde undercover-polisieman probeer ‘n smokkelnetwerk oopvlek wat met pille handel dryf, en dit vir miljoene dollar verkoop. ‘n Professor (Gary Oldman) probeer ook om die skandaal oop te vlek, so ooken ‘n vrou (Evangeline Lily) wie se seun dood is nadat hy aangekeer is omdat hy kwansuis met die pille gesmokkel het.

CRISIS lyk dalk na ‘n aksiebelaaide, aangrypende oopvlekking van die gevare van verslawing aan pynstillers, maar is veel ingewikkelder as dit. Dis nie ‘n maklike Saterdagaandfilm om te stroom nie.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: