Dalgliesh (Reeks / Britbox)

Dalgliesh (Reeks / Britbox)

Ek moes lank sukkel om dié reeks se titel korrek uit te spreek. DALGLIESH. Dit ‘n tipiese Britse reeks met ‘n lekker stywe bolip, preutse karakters en ‘n moord. Soms word een moord elke twee episodes opgelos. Bertie Carvel speel inspekteur Dalgliesh, ‘n formele slimkop Sherlock Holmes met ‘n kiertsregop rug.

Die eerste twee episodes is top-vermaak. In ‘n mediese opleidingshospitaal word ‘n meisie, wat as proefkonyn gebruik word, tydens ‘n eksperiment vermoor. Wie van die verpleegsters of personeel het dit gedoen? Daar woon ‘n geheimsinnige vrou in ‘n boshut, en nog ‘n moord vind plaas… Die ondersoek is nugter en maklik om te volg en die karakters goed gedefinieer en elkeen het ‘n motief.