DE-LOVELY

Wat ‘n uitbundige, stylvolle en aandoenlike biografie! COLE PORTER het natuurlik na albei kante toe gevry in sy lewe, en dit het skandale veroorsaak. Maar dit het geen afbreuk aan sy musiek gedoen nie… tot ‘n tragedie hom getref het.

Die rolprent word in die vorm van terugflitse vertel en verduidelik waar meeste van sy liedjies soos DE-LOVELY, You’re the top en IN THE STILL OF THE NIGHT vandaan gekom het. As jy ‘n COLE PORTER-aanhanger is… gaan kyk sommer vanaand na hierdie uithaler musiekale biografie: DE-LOVELY – alle ouderdomme, dit kry 7 uit 10.