Dear Edward (Reeks / Apple TV+)

Dear Edward (Reeks / Apple TV+)

Dit is almal se grootste vrees… dat jy in ‘n krisis op ‘n vliegtuig gaan beland. ‘n Jong seun van 12, Edward, bevind hom in ‘n vliegtuig wat neerstort. Wonder bo wonder is hy die enigste oorlewende. Die reeks DEAR EDWARD gaan oor hoekom hy die ongeluk oorleef het, of dit hoegenaamd moontlik is, en hoe hy by die lewe sonder sy geliefdes sal aanpas. Maar ook: het hy ‘n bonatuurlike ervaring gehad? Leef hy dalk op geleende tyd?

Dit maak van DEAR EDWARD ‘n interessante reeks, waarin vrae oor sterflikheid, verganklikheid en aanpassing gevra word. Ook: watter rol die noodlot in die lewe speel. Dit is nou wel nie ‘n moenie-misloop-nie reeks nie, maar as jy na iets soek om jou mee besig te hou, kan dit aanbeveel word, solank jy nie te veel verwag nie. DEAR EDWARD laat jou opnuut oor jou eie verganklikheid dink.