Defending Jacob (Reeks / Apple +)

Defending Jacob (Reeks / Apple +)

DEFENDING JACOB is een van daardie donker, intelligente, noukeurig uitgedinkte en weldeurdagte reekse waarin jy nooit kan voorspel wat wanneer gaan gebeur nie. Dis op APPLE TV+, en nie baie mense het hierdie platform nie, maar indien jy dit kan bekostig, los alles en kyk na DEFENDING JACOB.

‘n Doodgewone gesin se wêreld word aan flarde geruk wanneer hulle 14-jarige seun (briljant gespeel deur Jaeden Martel) aangekla word van die moord op ‘n klasmaat. Maar het hy dit werklik gedoen? Sy ouers (met spel uit die boonste rakke deur Chris Evans in ‘n bedaarde, gesaghebbende en intelligente rol, en Michelle Dockery van Downton Abey-faam as sy geskokte vrou) sal jou later so ver vorentoe laat skuif, jy mag van jou rusbank afval. DEFENDING JACOB is een van die jaar se topreekse. Ek beveel dit aan as een van die bestes van die jaar.