Dexter: New Blood (Reeks)

Dexter: New Blood (Reeks)

Ons ken almal vir Dexter wat profiele oor moordenaars optrek en bloedspatsels op moordtonele ondersoek. Dis nou 10 jaar later, en hy kruip in ‘n klein dorpie weg. Dan word hy met sy seun en die gereg gekonfronteer. Sal hy hierdie keer, soos gewoonlik, wegkom? DEXTER: NEW BLOOD het meer storie as wat jy verwag, en elke episode se standaard word hoër tot by die skok-slot. As jy die reeks vir jare gevolg het, kan jy vir die laaste keer na Dexter se moordmanewales kyk sonder om te weet wat om te verwag.