DINNER WITH FRIENDS
Dinner with friends

DINNER WITH FRIENDS

DINNER WITH FRIENDS is my idee van detensie na skool, omring deur boelies. ‘n Groep geskeide vroue en ander verlore siele kom bymekaar vir Thanksgiving, maar vloek en skel en kafoefel en maak sulke gekke van hulleself, dat selfs ek gebloos het.

DINNER WITH FRIENDS is stereotiep, die karakters oordadig vulgêr, die storie vergesog, gevul met elke liewe vuil grap, en… kom ons noem dit “dinge” wat jou na die naaste naarwordsakkie sal laat soek. Dis die soort fliek wat, as jy dit op ‘n vliegtuig sou sien, jy sou uitgestap het. En die klimaks is omtrent so opwindend soos ‘n tiet wat van ‘n bababottel vol suur melk afspring.

Vermy DINNER WITH FRIENDS ten alle koste. Ek waarsku ernstig daarteen.