Dirty John: The Betty Broderick Story
Dirty John: The Betty Broderick Story

Dirty John: The Betty Broderick Story

DIRTY JOHN: THE BETTY BRODERICK STORY is ‘n reeks wat jou verstom sal laat. Dis gegrond op die ware verhaal van ‘n neurotiese vrou, (uitstekend vertolk deur Amanda Peet) wat alles vir haar man opgeoffer het, gespeel deur Christian Slater as ‘n gruwel van ‘n eggenoot. Nadat sy vier kinders by hom gehad het en vir sy studies help betaal het én hom versorg het, los hy haar vir sy sekretaresse. Haar oplossing? Sy skiet sowel die man as sy nuutgevonde vroutjie in hulle slaapkamer dood kort nadat hulle getroud is.

As dit vir jou vergesog klink, wag tot jy die res van die storie gehoor het. Revenge is a dish best served cold, is een van die bekende aanhalings uit die reeks wat jou onmiddellik ‘n WhatsApp na ‘n vriend of vriendin sal laat stuur wat maan: Kyk daarna! Betty lyk na so ‘n lieftallige tannie, maar moenie aan haar verkeerde kant kom nie. Hierdie reeks jou verstom en oorbluf laat.