Dog

Dog

As vroue hoor dat Channing Tatum na jare se afwesigheid weer die hoofrol in ‘n rolprent speel, waarvan hy terloops die mede-regisseur was, mag hulle dalk gaan kyk. En ja, dis geskakeerd. Tatum, met ‘n sjarme en manlikheid waarvan die kamera baie hou, moet die hond van ‘n soldaat wat gesneuwel het, na sy eienaar se begrafnis neem.

Wat op die reis gebeur is aanvanklik voorspelbaar, want die hond is aggressief en verward. Maar later ontstaan ‘n band van vertroosting en begrip tussen die Tatum se karakter en sy passasier. Die hond word ‘n karakter vir wie mens baie simpatie het, en wie se trauma met groot empatie uitgebeeld word. Veral die slottonele is geslaagd. Dis macho sonder om verspot oordrewe te raak. Tatum is puik as die hond se enigste redding.