Dr. Death: The Undoctored Story (Reeks)

Dr. Death: The Undoctored Story (Reeks)

Maak jou rug regop vir DR. DEATH: THE UNDOCTORED STORY op Showmax. Dis op die waarheid gegrond, en gaan oor die vermetele en narsistiese dr. Christopher Duntsch, ‘n neurosjirurg wat verskeie pasiënte verlam of vermink het. Dit wys hoe lank hy daarmee weggekom het. Ons sien ook in dié dokumentêre reeks hoe hy lomp en onkundig geopereer het, en mense se ruggrate en rûe vermink het.

In die gedramatiseerde weergawe, Dr. Death met Joshua Jackson, sien jy nog méér. Raak verstom, raak onthuts en raak verbysterd. Altwee reekse sal jou verstom.