DREAMLAND

DREAMLAND

DREAMLAND laat ‘n mens nogal aan Bonnie and Clyde dink, maar dis die spel van die hoofakteurs wat dit eintlik verhef. ‘n Meisie wat by die verkeerde man betrokke raak (Margot Robbie) vlug gewond voor die gereg uit nadat ‘n bankroof skeefloop. ‘n Onskuldige 18-jarige seun (briljant gespeel deur Finn Cole) bied vir haar skuiling en hulle raak verlief. Maar nou word die seun ook by haar bankrowery betrek.

Om weg te kom, wil sy nog een laaste keer ‘n bank beroof. As jy lus het om uit te kom, al is dit net om ‘n reuse stofstorm te sien wat op ‘n kleindorpie afsonder, is dit reeds die prys van ‘n toegangskaartjie werd, want dit moet op die silwerdoek ervaar word.

DREAMLAND is geen grootse film nie. Dit gaan oor onskuld wat nie noodwendig gekorrupteer word nie, maar twee verlore siele wat mekaar vind en dan bymekaar leer hoe om te oorleef. Maar is dit dalk te laat?