ELEPHANT

Nog ‘n prent wat kan skok en wat net in kunsteaters begin, is ELEPHANT. Dis gegrond op die Columbine-moorde destyds in Amerika. Lang skote van skoolkinders wat doelloos deur gange dwaal en ‘n swaarmoedige atmosfeer kan mense wat vermaak wil word, naar maak. Maar die rolprent het ander motiewe. Dit gee nie ‘n antwoord op hoekom twee doodgewone laities moordenaars geword het nie. Dit wys net hoe ‘n sogenaamde normale, vervelige skooldag wreed in ‘n bloedbad verander het. Dis suiwer op kunsrolprent-gangers gerig. ELEPHANT nou by enkele Cinema Nouveau’s.