Elizabeth and Margaret: Love and Loyalty

Elizabeth and Margaret: Love and Loyalty

Wat min mense weet, was dat prinses Margaret, koningin Elizabeth se vertroueling, suster en ook beste vriendin was. Tog was daar spanning toe Margaret haar eie paadjie wou loop, en veelbesproke kêrels gehad het. Die dokumentêr ELIZABETH AND MARGARET: LOVE AND LOYALTY lewer kommentaar op die vriendskap met ‘n verteller, want die koningin praat mos nie, en wys hoe die vriendskap ‘n hoogtepunt bereik het, soms versuur het, maar die twee sussies oneindig lief was vir mekaar.