Elvis Presley: The Searcher (Minireeks)

Elvis Presley: The Searcher (Minireeks)

ELVIS PRESLEY: THE SEARCHER vertel vir jou alles wat jy reeds weet. As jy ‘n Prinses Diana-openbaring verwag, vergeet dit. Ons beleef Elvis se kinderjare, sien hoe sy musiek deur Amerikaanse gospel geïnspireer is en die ritme van gospelkore kom. Hy het ‘n identiteit aan die 60’s en 70’s gegee, en die Amerikaanse jeug hulle seksualiteit laat ontdek. Seks was nie meer sonde nie. Sy musiek het bevry.

Dit wys ook sy verknogtheid aan sy ma, en hoe Graceland ontstaan het. Jy sien hom voor optredes, dus word sy menslikheid, die feit dat hy soms gespanne en onseker was, en sy onsekerheid geopenbaar. Maar oor sy dood, sy dwelmprobleem en voorgeskrewe medisyneverslawing en sy gewig, word terloops hanteer. Jy gaan geen vuil wasgoed kry nie, want daar is baie wasgoedversagmiddel gebruik. Maar ELVIS PRESLEY: THE SEARCHER gaan oor ‘n man wat na homself gesoek het. Die musiek is ritteltiklekker.